lien botha
a photographer's geography - lien botha
art reviews biography contact


Geskiedenis treffend ondersoek: Kasteel word meer as dekor in tentoonstelling
M.A Nolte, Die Burger, June 29, 1996
Tentoonstelling: Verskuiwingslyne: Ondersoeke na Waarheid en Versoening, Kunsinstallasies deur 13 kunstenaars. By Die Kasteel Goeie Hoop, Kaapstad. Tot 31 Julie.

Dieselfde daadwerklike waarheid en drama wat byvoorbeeld ontketen word as die operas Aida by Memphis (Karoo) in Egipte opgevoer, of Tosca in Rome se Sant Angelo verfilm sou word, maak ons land se oudste Europese gebou veel meer as vitale dekor vir hierdie ernstige kunsondersoeke na die geskiedenis en verder.

Waarvoor Van der Stel se Kasteel sorg, is 'n intense fokus op die taak voor hande: dat kuns potent kan ingryp in die sosiale proses-veral as dit so ernstig soos lewe en dood, ja, oorlewing,waarheid en versoening is. Juis omdat die kunstenaar die sterkste emosies, die kompleksiteit daarvan en verwikkelde betekenis daarnaas onder die loep kan neem, is hierdie projek in parallel met die verrigtings van die WVK 'n sonderlinge ervaring.

Die waarde sal ons eers later behoorlik kan skat, maar intussen is daar hier momente en elemente wat ierdereen tussen die oë skop. Mr presies: ons as Suid-Afrikaners, in teenstelling met sé buitelandse vreemdelinge, kolskoot tref.Hier lé wat ons soek in die breuk van die geskiedenis, soos die beskrywings "verskuiwingslyne" aandui.

Begin by die geheel, oorkoepelend : buite op die histories-ingesoute skans van Leerdam, Kevin Brand se "landskuns"- projek wat die beroemde Hector Petersen foto in minimale reuse-koerantstippels uitspel; binne die koloniale binnehof, Randolph Hartzenberg se ry verwringde hangkaste met sake sout.

Teikenplakkate

Radikaal word op tradisie inbreuk gemaak. Brand, wat vantevore die vesting met sy Here XVII in Skeurbuik verower het, weet wat alles uit die historiese dieptes hier getower kan word. Diep onder in nog 'n kelder wag 'n ander Darkness om ontdek te word. Dis daar, onder die vloer van die destydse offisierskuierplek, waar Moshekwa Langa se installasie die kwessie van herinnering so direk aanspreek: in die een vertrek waar weermag-landkaarte en teikenplakkate, oorgekrabbel en verander in die soeke na begrip; in 'n ander kamer, velle bruinpapier as staatsdokumente of argiefkaarte soos slagtersvelle opgehang.Dis letterlik die morsigheid van die verlede.

Op die menasievloer self het Penny Siopis die ironie as teater aangegryp met 'n elegiese voorstelling van die veldslag wat oor die tyd heen sny met Mostly Women and Children. Dit roer diep. Net soos Colin Richards se grafaltaar waar die sluier letterlik en figuurlik gelig word. (Let op daardie knap waterverf.) In 'n boonste vertrek het daardie poÎtiese fotokunstenaar Lien Botha aan die simboliek van 'reiniging' - die oopmaak van die wonde om so te genees - uit die alledaagse wasgoedlyn 'n skreiende metafoor gehaal. Op die lappies soos geskeurde lakens aan die draad gehang lees Die Wasgoedlyn soos 'n treurige en afgryslike gedig.

Die jong gras wat so lewendig rondom die wasgoedpaal spruit, vind weerklank in Clive van den Berg se grootse heuwelgraf soos 'n Kaapse kramat, waar die kettings van homoseksuele liefde oor die kleurgrens van 1735 uiteindelik in ons nuwe demokrasie gebreek word. Van den Berg se 'voorstudies' vir hierdie installasie, Excavations in olieverf en Men Loving in pastel, met hul intrigante visuele vertelling en enigmas laat hom met die sterkste stem hier praat.

Die skerp tema van hierdie besondere tentoonstelling is met erns deurgrond. Die gevolg is 'n ervaring war ons dwing om dit wat onthou word en hoe dit onthou word intens te evalueer. Soos die taak van die WVK kan dit bepalend vir ons toekomservaring wees. Wie't gesé kuns kan nie bloed trek nie?