Voëlhuis: Die Sirkelstrokie van Maria Blou
1999

Voëlhuis bevat grepe uit die dagboek van ene Maria Blou. In die vorm van 'n sirkelstrokie sal die besoeker aan hierdie veerligte huis kennis maak met onder andere Miami se papegaaituin en Miss Wei van Taipei. Dit is egter nie net 'n smaak vir die eksotiese wat Maria Blou se dagboek volmaak nie; die alledaagse miniskule bestaan van die vissersdorpie waar sy woon, is vir haar geweldig fassinerend; die stemme van kinders wat snags in 'n spiraal die lug in verdwyn, haar vreemde liefde vir Ridderspoor, die eierklitser waarmee sy kolossale pavlovas optower, dosyne dwergverkleurmannetjies wat snags soos fosfor op die geelhoutboom se takke gloei...

OOS WES TUIS BES katalogus, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Oudtshoorn, Maart 25 - 31, 1999

Detail of story discs
Installation view, Oudshoorn, March 1999